Wednesday, 3 July 2013

Groen Thai hoenderkerrie met mangosalsa

6 hoenderfilette ontbeen en velloos, in blokkies gesny

Plaas in voedselverwerker:
2 rooi uie 
6 knoffelhuisies
1dm knop vars gemmer
2 eetl. Fish sauce
2e sesam olie
1t komynpoeier
1t koljanderpoeier
1 e sojasous
1 e gedroogde rissies of 3 vars rooi rissies fyngekap. Besluit self hoe sterk jy die dis wil hê en verwyder van die saad
2 bosse vars koljanderblare (dania) met takkies en al (die takkies het baie geur!)
Lemongrass, indien verkrygbaar (2 lote)
1 blik klappermelk
Sout, peper na smaak

Verpulp al die bestanddele in die voedselverwerker en meng  met die hoender - werk dit met jou hande deur die hoender en laat oornag staan.  30 minute voor etenstyd plaas kastrol op lae hitte op stoof. Kook stadig vir ong 20 minute.  Indien daar te veel vloeistof is, meng 2e mielieblom met klein bietjie water en verdik die sous.  Kook saggies tot opdientyd.  Bedien met mango salsa,  rys of naanbrood

Mango salsa

2 ryp mangos in blokkies gekap
2 medium ryp tamaties in blokkies gekap
2 rooi rissie ontpit en fyngekap
3 eetlepels mosterd en heuning slaaisous

Meng alles en versier met geroosterde amandels.  

Sunday, 28 April 2013

Groenvye konfyt



Neem 1 kg vrugte,
Was deeglik af.
Sny 2 kepies oorkruis in voorkant van vrug
Steek gaatjies oor die hele vrug.

Neem ½ k water vir elke koppie suiker.
Plaas suiker en water op stadige hitte totdat suiker heeltemal gesmelt het.
Sit stoof vinniger en laat stroop vinnig kook.

Sit vrugte een vir een in die stroop en laat vinnig kook tot deurskynend.

Gemmerstukke of heel naeltjies kan bygevoeg word.

Voeg 2 –4 lepels suurlemoensap  of ½ t wynsteensuur by.

Swartbessie en appelkonfyt



2 kg swartbessies
750g appels (kookappels, ongeveer 6, geskil en ontkern)
1.5 kg suiker
125ml water
1 tot 2 teelepels kaneel
1 tot 2 teelepels neutmuskaat

Metode:


Sny appels in stukke. Nie te klein nie. Dis lekker om in 'n stuk appel te byt as jy die konfyt
eet.   Plaas appels en water in groot pot en kook tot appels sag is maar nie pap nie.  Gooi die swartbessies by, dan die suiker en speserye.  Kook die konfyt vinnig tot die temperatuur 220 grade bereik is.   Bottel in gesteriliseerde bottels so gou as moontlik.


SOET BRIOCHE




(Frans Odendaal)

 
 
Meng kop melk wat effens lou is met 1/3 kop sagte botter, half kop suiker 4 eiers en 1 pakkie kitsgis en laat staan tot dit skuim(NB hou een van die eierwitte eenkant) 

Meng 6 kop koekmeel en 1 t sout, voeg die vloeistof by en knie tot elasties, smeer met botter, maak toe en laat rys tot dubbel die hoeveelheid. 

Knie weer, rol stringe en vleg, plaas in gesmeerde panne en laat rys, verf eierwit wat met bietjie water gemeng is oor en bak by 160 grade tot goudbruin, so 35 tot 40 min, hou maar dop. 





Anysbeskuit





2.5 kg. Meel
250 g. botter of margarien 
37 ml sout
500 ml suiker
3 koekies suurdeeg
12,5 ml asyn
1 blik kondensmelk
2 k lou water
2 kondensmelkblikkies water
3 eiers
(25 ml anys indien jy anys beskuit maak)



Smelt margarien voeg die kondensmelk, gemeng met die twee blikkies water by.
Klits die eiers en voeg die by die mengsel.   Los die suurdeeg in die twee koppies lou water op en voeg dit by die mengsel.  (As jy op Anysbeskuit besluit het, moet die anys nou bygevoeg word)  Roer nou een kilogram van die meel in die mengsel en laat dit toe om te rys vir een uur.

Terwyl die mengsel rys voeg jy die suiker en die sout by die res van die meel en meng dit.
Voeg die mengsel wat gerys het by die meel wat met die sout en suiker gemeng is en knie dit goed.  Ek knie vir twintig minute.  Deel die deeg in drie dele en laat dit op n warm plek rys vir sowat een uur.  Knie dit deur, sit dit in panne en laat dit vir nog twee ure rys.
Bak by 180 C vir een uur. 

Indien dit winter is plaas die beskuit in jou motor om te rys.  Uitstekend!

Boeliebiefblokke





DEEG:

400ml koekmeelblom knippie sout
2ml bakpoeier 110g margarien, gerasper
200ml melk 1 eiergeel

VULSEL:
1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g) 30ml mayonnaise
2-5ml mosterdpoeier bietjie worcestersous
30ml gekapte pietersielie 250ml gerasperde Cheddar
Kaas

Voorverhit die oond tot 200C.Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende middel.
Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. 

Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal slapperig wees.
Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas.

Meng die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk. Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op
met blatjang.

Saturday, 27 April 2013

Piesangkonfyt

1kg piesangs (ryp maar geen swart kolle)
1kg suiker
1 koppie suurlemoensap

Sny piesangs in skywe. Verhit stadig op stoof met suiker en suurlemoensap. Sodra alles gesmelt het, kook vinnig en roer kort kort.  

Sodra dit 220º bereik, skakel stoof af en bottel dadelik in gesteriliseerde bottels.

Friday, 26 April 2013

Piesangbrood met lemoenknertsie




Ek het sommer op ‘n dag dit probeer en dit werk so goed.  Die klein bietjie lemoengeur wat deurkom is net genoeg om die skerp geur van piesangs weg te neem en gee ‘n klein bietjie luuks en andersheid aan piesangbrood.  Ek beveel hierdie resep werklik aan.  Het vandag weer twee gebak.
My eie foto
125g Margarien
1½ k suiker
3 eiers
5ml vanilla geursel
Sap en fyngerasperde skil van een groot lemoen
250ml piesangmoes (ongeveer 5 piesangs)  
2 k meel [500ml]
2 t bakpoeier [10 ml]
¼ t koeksoda [1.2 ml]
¼ t sout [1.2 ml]
2 e melk [25 ml]

Smeer klein broodpannetjie of bespuit. Klits marg en suiker tot mooi lig van kleur
Gooi eiers een vir een by en klop goed na elkeen. Voeg vanilla, lemoenskil en sap by en vou piesangmoes in.  Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by en meng goed. Bak by 180/350 grade vir een uur.



Mamma se witkoekresep


4 eiers
375 [1 ½ koppie] wit suiker
2 koppies ongesif afgemeet of 2 koppies gewone koekmeel en 3 teelepels bakpoeier
Knypie sout
1 k melk
¼ k margarien
10 ml vanilla

METODE:

Voorverhit die oond op 190 C (GAS 5)
Smeer twee laagkoekpanne of oondpan botter en skud dan meel in – sodoende sit nie koek nie vas nie.
Klits eiers en suiker vir 10 minute.  Sif meel en sout saam en vou dit by die eiermengsel in.  Maag die melk en botter warm, nie kokend nie en voeg dit by die beslag.
Voeg vanilla by. Meng tot alles goed gemeng.  Bak vir 30 minute.
LAAT DIT EFFENS IN DIE PANNE AFKOEL VOOR JY DIT UITGOOI.