(Frans Odendaal)
Meng kop melk wat effens lou is met 1/3 kop sagte
botter, half kop suiker 4 eiers en 1 pakkie kitsgis en laat staan tot dit
skuim(NB hou een van die eierwitte eenkant)
Meng 6 kop koekmeel en 1 t sout,
voeg die vloeistof by en knie tot elasties, smeer met botter, maak toe en
laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
Knie weer, rol stringe en vleg, plaas in
gesmeerde panne en laat rys, verf eierwit wat met bietjie water gemeng is oor
en bak by 160 grade tot goudbruin, so 35 tot 40 min, hou maar dop.

No comments:
Post a Comment