Sunday, 28 April 2013

Anysbeskuit





2.5 kg. Meel
250 g. botter of margarien 
37 ml sout
500 ml suiker
3 koekies suurdeeg
12,5 ml asyn
1 blik kondensmelk
2 k lou water
2 kondensmelkblikkies water
3 eiers
(25 ml anys indien jy anys beskuit maak)



Smelt margarien voeg die kondensmelk, gemeng met die twee blikkies water by.
Klits die eiers en voeg die by die mengsel.   Los die suurdeeg in die twee koppies lou water op en voeg dit by die mengsel.  (As jy op Anysbeskuit besluit het, moet die anys nou bygevoeg word)  Roer nou een kilogram van die meel in die mengsel en laat dit toe om te rys vir een uur.

Terwyl die mengsel rys voeg jy die suiker en die sout by die res van die meel en meng dit.
Voeg die mengsel wat gerys het by die meel wat met die sout en suiker gemeng is en knie dit goed.  Ek knie vir twintig minute.  Deel die deeg in drie dele en laat dit op n warm plek rys vir sowat een uur.  Knie dit deur, sit dit in panne en laat dit vir nog twee ure rys.
Bak by 180 C vir een uur. 

Indien dit winter is plaas die beskuit in jou motor om te rys.  Uitstekend!

No comments:

Post a Comment