500g hoenderlewertjies
2 groterige uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies
6 repies spek in stukkies gesny
4 eetlepels botter
1 teel gemengde
kruie
1 teel vars gekapte pietersielie
2 teelp mosterdpoeier
2 eetlepels Worcester sauce
2 eetlepels brandewyn
½ teel Tabasco sauce
Sout na smaak
2 eetlepels gesmelte botter
Metode:
Smelt botter in ‘n pan oor matige hitte en braai die ui,
knoffel, spek en lewer stadig saam. Voeg
die res van die bestandele by behalwe die gesmelte botter. Smoor saam tot dit goed gaar is. Verpulp en skep in bakkies. Giet nou die gesmelte botter oor elke bakkie
dun lagie. Laat goed koud word en sit in
yskas. Ek vries dit sommer so in die
ramekins (sien foto).

No comments:
Post a Comment