Flatervrye sjokoladekoek
Skei 5 eiers en klits die witte styf. Hou eenkant.
Room die eiergele en 1 en 1/2k suiker saam.
Voeg 1/2k olie, 1k kookwater en 1t vanilla geursel by.
Sif 1 en 3/4k meelblom, 4e kakao en knippie sout saam.
Voeg by eiergeel-mengsel.
Meng goed.
Vou nou 3t bakpoeier in en laastens die styfgeklopte eierwitte.
Gooi in gesmeerde panne.
Bak 30 - 40 minute @ 180*C tot gaar. Keer uit op afkoelrakkie en laat heeltemal koud word voor jy dit versier.
Versier soos verlang.
NB: Die kakao kan met 4e maizena vervang word vir 'n wit koek. Verander dan ook die geursel na smaak.
No comments:
Post a Comment