Friday, 26 April 2013

Suurroom Koffiekoek



12 eetlepels botter (kamertemperatuur)
1½ koppies suiker
3 ekstra groot eiers
1½ t. vanilla essens
2½ k. koekmeel
2 t. bakpoeier
½ t. koeksoda
½ t. sout
1 1/4 k suurroom

Vir die streusel:
¼ k. ligte bruinsuiker
½ k. koekmeel
1½ t. fyn pypkaneel
¼ t. sout
3t. botter (koud en in stukkies gesny)
3/4 k fyngekapte pekanneute (indien verkies)

Versiersuiker:
½ k. versiersuiker
2 t. esdoringstroop (maple syrup)

Voorverhit die oond tot 350/180 grade. Smeer of bespuit ‘n ronde pan met ‘n gat in die middel.

Room die botter en suiker vir ongeveer 4 minute tot lig. Voeg eiers geleidelik by, dan vanilla en suurroom. In ‘n aparte bak, sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Met die menger op die laagste spoed, voeg die droë bestanddele by die bottermengsel tot net net gemeng. Meng verder met ‘n houtlepel tot alles gemeng.
Vir die streusel, meng die bruinsuiker, koekmeel, fyn pypkaneel, sout en botter in ‘n mengbak en meng met jou vingers tot dit krummeltekstuur het. Indien verkies voeg die neuter by.

Skep die helfte van die mengsel in die pan en sprei dit gelyk uit met ‘n mes. Sprinkel ¾ k. van die streusel oor die koekmengsel en skep die res van die koekmengsel daaroor. Smeer mooi gelyk en sprinkle die res van die streusel bo-oor die koek. Bak die koek vir 50 tot 60 minute tot gaar. Laat afkoel vir ongeveer ‘n half uur. Plaas die koek versigtig, streusel na bo, op ‘n opdienbord. Meng die versiersuiker en stroop goed en bedruip koek daarmee. Indien die versiersuiker bietjie te styf voorkom, drup ‘n druppel of twee water daarby. Dit moet waterrig wees, maar nie te dun nie.
(Kopiereg voorbehou. Barefoot Contessa. Vertaal deur Susan La Grange)

No comments:

Post a Comment