Hierdie resepte is alles beproef. Waar 'n resep nie aan myself behoort nie, is erkenning verleen. Enige navrae kontak my by : susanseresepte@gmail.com Lekker kook!
Sunday, 28 April 2013
Swartbessie en appelkonfyt
2 kg swartbessies
750g appels (kookappels, ongeveer 6, geskil en ontkern)
1.5 kg suiker
125ml water
1 tot 2 teelepels kaneel
1 tot 2 teelepels neutmuskaat
Metode:
Sny appels in stukke. Nie te klein nie. Dis lekker om in 'n stuk appel te byt as jy die konfyt
eet. Plaas appels en water in groot pot en kook tot appels sag is maar nie pap nie. Gooi die swartbessies by, dan die suiker en speserye. Kook die konfyt vinnig tot die temperatuur 220 grade bereik is. Bottel in gesteriliseerde bottels so gou as moontlik.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment